Categorias
Moçambique

12 Desember 2024 | TROPIESE SIKLOON CHIDO & Vox Weervoorspelling

12 Desember 2024 | TROPIESE SIKLOON CHIDO & Vox Weervoorspelling

⚠️IMPAKGEBASEERDE WAARSKUWINGS uitgereik deur SA Weerdiens⚠️
🟡Geel Vlak 1: Skadelike wind wat lei tot moeilikheid met navigasie op see, en klein vaartuie wat gevaar loop om in die omgewing te kan omslaan, word vanaf laatmiddag tussen Tafelbaai en Plettenbergbaai verwag.

🔥BRANDGEVAAR WAARSKUWINGS: 🔥
Uiters hoë brandgevaartoestande word oor die noordoostelike dele van Wes-Kaap, westelike en noordelike dele van Oos-Kaap, meeste dele van Noord-Kaap, westelike dele van Noordwes, westelike dele van Vrystaat en die suidelike Laeveld van Limpopo verwag.

🥵 ADVIES: 🥵
’n Hittegolf met aanhoudende hoë temperature word tot Donderdag (12 Desember 2024) oor die noordelike binneland van die Oos-Kaap en oor Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en die noordelike en noordwestelike dele van KwaZulu-Natal verwag tot ten minste Vrydag (13 Desember 2024).

🌀Tropiese sikloon Chido🌀
Tropiese sikloon Chido is tans ongeveer 1072 km noord van Mauritius geposisioneer, met windsnelhede van ongeveer 155 km/h. Voorspellingsmodelle dui aan dat die storm in die komende dae sal wes beweeg en teen Vrydag as ‘n tropiese sikloon die noordoostelike streke van Madagaskar sal trek met swaar reën (meer as 150 mm), sterk winde en rowwe see.

CHIDO sal na verwagting oor die Mosambiekse Kanaal beweeg en weer in ‘n tropiese storm verswak voordat dit teen Sondag die noordelike kus van Mosambiek bereik met swaar reën, rowwe see en sterk winde. Die presiese tyd en ligging van landval is nog onseker, maar modelle wys tans landval teen Sondag tussen Pemba en Nacala.

⚠ Sommige weermodelle toon die moontlikheid dat CHIDO die noordoostelike streke van Suid-Afrika kan beïnvloed, maar die voorspelling is nog te ver om met sekerheid te sê. Ons monitor Chido en sal gereelde opdaterings verskaf.

#Voxweather #warm #hittegolf #brandgevaar #chido

Hashtags: #Desember #TROPIESE #SIKLOON #CHIDO #Vox #Weervoorspelling

Autor: UCr5zY8QsQmbKYDfFw5lEcuQ

Palavra Chave: meteorologia pemba